Monday, May 16, 2011

darylhb.com

For my latest Hearverses, check out darylhb.com. :)

Thursday, February 25, 2010

Roadtrippin'

Ek koop vir jou 'n beige stasiewa
Met bruin leer seats en 'n clutch wat squeak
Dat ons twee saam die roaptrip klaar kan maak

Tussen die Weskus se blomme lê en gedigte lees
Prentjies skilder en pose vir mekaar se plesier
In die rommelmarkte bargains uitgrawe en saam ons geluk vier

Ons kan 'n aand in die Karoo deurbring
Olieswart koffie in 'n ketel op die vuur brou
Met my ouma se beskuit onder 'n wolkombers dit drink

Met ons vingers sal ons wys na 'n kruis wat sê waar ons is
Waar ons was en waarheen ons op pad is

Die Vrystaat se somerstorms en donderbuie
Laat die motor ruik na grond en teer
Die doringbome se geel bloeisels skreeu uit die donker
Van die middagnag tussen hulle doringkrone deur

By 'n dam sal ons kinderstories deel en skinny dip
Voëls namaak en, met 'n boek se hulp, bessies pluk

Fotos van die bos, jou onklaar gesig en ons onvoldoende padkos
Sal ons rystoeldae vul met memories en avontuurlus
Omring deur antiques en soeweniere van ons dae op die pad

Of ons kan die kar bêre en vol kinders laai
Vir werk, sport en partytjies toe ry
Aande om die etenstafel die dag se nuus uitsaai

Naweke beskeie date nights met kerse en flieks vier
Elke aand in dieselfde bed gemaklik en bekend slaap
Sonder woorde verstaan asof ons dit hardop praat

Dit maak nie aan my saak
Want jy is nog altyd die tekens langs my pad
En die lyne op my kaart.